Search form

Psalm 67

God seën ons

1Vir die leier van die koor: Met *snaarmusiek. ’n Psalm, ’n lied.

2O God, U moet goed wees vir ons

en ons *seën,

U moet na ons toe kom.

*Sela

3Dan sal die mense op die aarde weet

wat U wil hê,

al die volke sal weet dat U hulle wil red.

4O God, die volke moet U prys,

die volke moet U prys, hulle almal

moet dit doen.

5Die volke moet bly wees en vrolik sing,

want wanneer U die volke *oordeel,

dan doen U reg aan almal.

U lei die volke op die aarde.

6O God, die volke moet U prys,

die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.

7Die aarde het koring en vrugte gegee,

God, ons God, seën ons.

8God seën ons,

en al die mense op die aarde moet Hom *eer.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index