Search form

Psalm 76

Die konings van die aarde moet vir God eer

1Vir die leier van die koor: Met *snaarmusiek. ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2Die mense van Juda ken vir God,

die mense van Israel ken Hom.

3Jerusalem is God se woonplek,

*Sion is die plek waar Hy graag wil wees.

4Daar het Hy die vyande se *brandpyle gebreek

en ook hulle *skilde en swaarde.

Daar het Hy die oorlog laat ophou.

*Sela

5U het soos ’n koning teruggekom

nadat U die vyande oorwin het op die berge.

6U het alles gevat

wat die dapper manne van die vyand gehad het,

hulle het gesterf,

hulle kon nie veg nie.

7Toe die *God van Jakob gepraat het,

kon die soldate op perde en *oorlogkarre

niks doen nie.

8U, o God, almal is bang vir U.

Wanneer U kwaad is,

dan kan niemand voor U staan nie.

9Toe U uit die hemel praat en reg doen aan mense,

het die mense op die aarde bang geword en stilgebly.

10Dit was toe God begin het om te *oordeel

en om al die mense op die aarde te red

wat hulleself nie kan help nie.

Sela

11Mense het kwaad geword vir U,

maar ook húlle moes U prys,

hulle moes vir U dien,

almal wat kwaad was vir U.

12Julle moet vir julle God die Here die *offers bring

wat julle belowe het.

Die mense rondom die *tempel moet presente bring

vir God.

Hy is die God vir wie almal moet *eer.

13Hy *verneder leiers wat hoogmoedig was,

die konings van die aarde moet Hom eer.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index