Search form

Psalm 82

U moet self die mense van die aarde oordeel

1’n Psalm. Van Asaf.

God het op sy *troon gaan sit in die vergadering van die *gode,

Hy, die *Regter, het vir die gode gesê wat Hy besluit het.

2Hy het gesê:

“Hoe lank wil julle nog *onregverdig *oordeel

en sê die mense wat verkeerd doen, is nie verkeerd nie?

*Sela

3Julle moet reg doen aan arm mense

en aan mense wat niemand het wat hulle kan help nie.

Julle moet sê wanneer iemand reg is,

ook iemand wat homself nie kan help nie,

of iemand wat niks het nie.

4Julle moet mense vrymaak wat arm is en niks het nie,

julle moet hulle red van mense wat verkeerd doen.

5“Maar julle weet niks, julle verstaan niks,

julle doen net slegte dinge, dinge van die donker,

en daarom word almal in die wêreld slegter.

6Ek het gesê julle is gode,

julle is almal *engele van die *Hoogste God.

7Maar nou sê Ek: Julle sal sterwe soos mense,

julle sal doodgaan soos die mense wat regeer.”

8O God, U moet self die mense van die aarde oordeel,

want al die volke behoort aan U.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index