Search form

Openbaring 7:5-8

5-8Van elke stam het 12 000 mense merke gekry. Die stamme was: Juda, Ruben, Gad, Aser, Naftali, Manasse, Simeon, Levi, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin.

Johannes sien ’n groot klomp mense bymekaar

9Ná hierdie dinge het ek gekyk en ek het ’n groot klomp mense gesien wat bymekaar is. Daar was so baie mense dat niemand hulle kon tel nie. Hulle het gekom uit al die lande, stamme, volke en tale. Hulle het gestaan voor God se troon en voor die Lam. Hulle het wit klere gedra en hulle het takke van palmbome in hulle hande gehad.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index