Search form

Romeine 9:11-12

11-12God het vir Rebekka gesê:

Die oudste seun sal

die jongste seun dien.

God het dit gesê voordat die twee kinders gebore is en voordat hulle iets gedoen het wat goed of sleg is. Dit wys dat God self besluit wie Hy wil kies om sy kinders te wees. Hy kies hulle nie omdat hulle goeie dinge doen nie, Hy kies hulle omdat Hy besluit Hy wil hulle kies. 13Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is:

Ek was lief vir Jakob,

maar Ek het nie van Esau

gehou nie.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index