Search form

Sagaria 8:11-12

11-12Maar Ek sal dit nie nou weer doen nie. Dit sal nou goed gaan met die mense wat nog lewe. Daar sal druiwe wees aan die wingerdstokke en koring op die lande. Die dou uit die lug sal die grond natmaak. Ek sal dit alles gee vir die mense wat nog lewe. 13Mense van Juda en Israel, almal het geweet dat die Here julle vervloek het. Nou sal Ek, die Here, julle red, en almal sal weet die Here seën julle. Julle moenie bang wees nie, julle moenie moedeloos wees nie.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index