NUMERI 7:7-8
7-8twee waens en vier osse aan die Gersongroep, vier waens en ag osse aan die Merarigroep. Hulle het dit ontvang vir hulle onderskeie take, onder toesig van Itamar seun van die priester Aäron. 9Moses het nie waens en osse aan die Kehatgroep gegee nie, want hulle moes die gewyde voorwerpe op hulle skouers dra.